Search This Blog

Monday, December 5, 2011

'n Gedig


Waar is jy?
Ek soek jou in elke hoek en uitgetrapte paadjie
waar ons eens ontmoet, bevriend en vertroud geraak het

Jou reuk bly talm en elke skadu dra jou vorm
soos dit dans op die maat
van ‘n vlikkerende vlam
oorbekend en dringend roep dit na my vanuit
wit gepleisterde mure
genadeloos in hul verwyt.

Stadig drup die gedagte aan jou
uit moeg-vergete lende.

Smagtend...

terwyl elke greintjie van my wese jou
naam uitskree
soos die klank van duisend kwetterende swaeltjies
Shhh... fluister ek. Die bure sal kla.

Ek is bang
Bang vir die genadelose stilte
soos wanneer dit ophou reën.
Bang vir dit wat lankal vergeet is
soos die nadraai van ‘n onbedekte seën.