Search This Blog

Monday, August 22, 2011

Stakings en Stuff

 'n Heel gewone dag by die werk word skielik baie interessant toe betogers tydens die munisipale stakings op 16 Augustus besluit om reg voor ons gebou in Adderley straat in Kaapstad te betoog!! Van die sesde verdieping van die BMW gebou hou ons klompie joernaliste die gebeure met groot smaak dop.
Ons het die rookwolke oor die stad sien saamtrek voordat ons die skare in rooi en blou sien aankom het. Met ingehoue asem hou ons die honderde stakers, in rooi en blou oorpakke, dop soos hulle oor Adderley-straat gemarsjeer kom.
Asblikke word links en regs gebrand en 'n arme straatsmous se stalletjie bly in die slag toe woedende stakers op hom afstorm, sy stalletjie vernietig, en hom van sy enigste inkomste beroof. Die polisie was te laat, maar ons kon darm sien hoe die manne in blou 'n paar moeilikheidmakers in die vangwaens in boender....



   Sien die ywerige kameraman aan die linkerkant besig is om foto's te neem? Dis waar ek wil wees!

No comments:

Post a Comment