Iewers in die pers-blou nag
toe tyd jou soos 'n geel-wit wolf ingesluk
en jou woorde soos onvolwasse kuikens
die donker ingedra het
het jy my verloor
die donker ingedra het
het jy my verloor
Iewers in die lang gewag
dat jy soos 'n ruiter van ouds
oor die berg sou stap
het jou gesig in die mis
van geykte liefdesfrases verdwyn
en het ek jou vergeet
Iewers langs die pad
waar hoop en twyfel ontmoet
in die ferm omhelsing van ou geliefdes
het my skadu van die pad verdwaal
en het ek saggies, stadig weggesink
Jou naam net 'n onvoltooide gedagte
soos die fluistering van 'n gebreekte belofte
geskryf in die sand
![]() | |
Seepunt. Foto's en gedig: Elaine Swanepoel |
No comments:
Post a Comment