Search This Blog

Monday, July 16, 2012

STRAB ! ! ! !

Ons is vier baie opgewonde mense in ‘n oorvol gelaaide Volkswagen Polo oppad na wat ons verwag die beste vier dae van ons lewe gaan wees. Vier dae van see, son, sand en STRAB, ‘n musiekfees wat jaarliks in die kusdorpie Malongane in Mosambiek plaasvind.
Nie een van ons (insluitend die drywer) het veel geslaap die vorige aand nie en die lae komberse en kussings wat tussen twee van ons in die agterste sitplek ingedruk moes word kom aanvanklik handig te pas in Ermelo se knersende koue, maar soos ons Pongola nader, begin ek wonder of dit werklik nodig was om ‘n slaapsak, dik kombers en twee kussing saam te bring. Die padwerke vanaf Pietersburg noodsaak ons om elke vyf minute te stop. Om van die rondloper beeste en bokke nie eens te praat nie!
Ek was nog nooit in Pongola nie. Ek het net gehoor dit was eens ‘n florerende deel van die land, met baie ryk boere hulself daar bevind het. Maar wat ek sien is ‘n arm, droë, primitiewe deel van Suid-Afrika, waar klein sink -of kleihuisies, omhein deur stukkies draad, wyd verspreid in die warm son staan en bak. Vrouens en kinders staan met pangas in die veld en bome afkap.
Net toe die hitte, beeste en slaggate te veel raak is ons in Kosiebaai, een van die vele grense tussen Suid-Afrika en Mosambiek. Ons ry sonder moeite die grenspos in en ek spring opgewonde uit die motor om die derde Mosambiekse stempel in my paspoort te kry. Die man agter die toonbank aan die Mosambiekse kant van die grens is nie baie vriendelik nie en gluur my met afguns aan toe ek my paspoort met ‘n glinlag oor die toonbank skuif. Duidelik is uitlanders nie baie welkom in dié land wat so lank moes sukkel om onafhanklikheid te kry nie.
Terwyl ons wag vir die Landrover wat ons van die grenspos tot in Malangane moet vat (want die klein wit Volkswagen Polo sal dit nooit oor die rowwe sandpaaie maak nie) kyk en na die Mosambiekse vlag wat trots in die ligte bries wapper. ‘n Hammer en ‘n sekel. Bewys van die geweld waarmee die land deur die huidige regering in besit geneem is. Ek ril effens.
Die veelbesproke vlag. Foto: Annika Theron

Met ons bagasie (beddegoed en al) op die Landrover se waentjie gepak, val ons al wippend in die pad. Al vier van ons op ‘n dun hout bankie op die agterste sitplek ingedruk. Die drywer laat hom nie afskrik deur die reuse hoppels in die pad nie en ons loer elke nou en dan beangs na die pakkies op die waentjie. Solank die drank net nie afval nie! Ons raak ook sommer gou bevriend met die mense saam met ons op die bakkie, wat nie tyd gemors het nie en reeds elkeen met ‘n bottel bier in die hand sit.
 Die lansdkap is dor, maar vreemd mooi. Soos ons Malangane nader sien ons groepe skoolkinders opgewonde langs die pad staan en waai. Sommige van hulle gooi duim, ander probeer ‘n houvas op die bakkie kry om ‘n paar meter saam te ry. 
Nader aan die kampterrein lyk dit asof ons deur ‘n vlooimark ry soos selfgemaakte houtstalletjies op ‘n ry langs die pad staan. Hier kan jy enigiets van ‘n lap-broek tot ‘n hout slaaibak koop. Verskeie kralewerk word sommer op komberse uitgestal. Ons ry verby verskeie kroeë langs die pad waar ‘n paar feesgangers reeds uitgespan het en ‘n bottel Mosambiekse rum geniet. (Later word ons ook deel van dié luidrigtige groepie toeriste, alhoewel ons nooit verder as die eerste kroeg kom nie!)   
By die kampterein aangekom help ons eers ons nuwe vriende afpak voor ons ons eie goed uit die bakkie laai. Gelukkig het die res van ons geselskap reeds vroeër kom tent opslaan en kan ons net als neerplak, haastig ons swemklere aanpluk en laat waai strand toe.
Die spierwit sand strek verlate voor ons uit. Dit maak klein suisgeluide wanneer ons ons voete daaroor sleep. Die water is, ten spyte van die hitte en die warm Mosambiekse seestroom, baie kouer as wat ek gedink het. Ek sprei my arms uit en voel die son op my gesig en die wind deur my hare. Ek voel soos ‘n vlieër wat enige oomblik deur die wind opgetel kan word en hoog bo die blougroen water sweef. Vir die eerste keer in maande voel ek vry.

Oppie strand Foto: Annika Theron

Tidlewaves is die aand eerste aan die beurt en ons sit op die strand, elkeen ‘n drankie in die hand, en wieg salig met die soel klanke van dié rusta-band, terwyl die see agter ons druis en duisende sterre helder oor ons koppe vergader. Ek kyk op na die sterrehemel bo ons en kan amper nie gló ek’s op die strand saam met van my beste vriende terwyl ek op die maat van ‘n paar Bob-Marley-treffers wieg. Ek maak my oë toe en dink, die lewe kan net nie beter as dít word nie, want soos ou Bob Marley self gesê het: “don’t wory / about a thing / ‘couse every little thing /  is gonna be all right,”

Monday, December 5, 2011

'n Gedig


Waar is jy?
Ek soek jou in elke hoek en uitgetrapte paadjie
waar ons eens ontmoet, bevriend en vertroud geraak het

Jou reuk bly talm en elke skadu dra jou vorm
soos dit dans op die maat
van ‘n vlikkerende vlam
oorbekend en dringend roep dit na my vanuit
wit gepleisterde mure
genadeloos in hul verwyt.

Stadig drup die gedagte aan jou
uit moeg-vergete lende.

Smagtend...

terwyl elke greintjie van my wese jou
naam uitskree
soos die klank van duisend kwetterende swaeltjies
Shhh... fluister ek. Die bure sal kla.

Ek is bang
Bang vir die genadelose stilte
soos wanneer dit ophou reën.
Bang vir dit wat lankal vergeet is
soos die nadraai van ‘n onbedekte seën.


Tuesday, November 22, 2011

Black Tuesday, why YOU should care

Today marks a turning point for South Africa. Depending on what happens today at 14:00, we will either be able to rejoice in the level of Democracy in our country or it will be the beginning of the end...

If the majority of parliament members choose to vote in favour of the protection of information bill today, THEY win. Corrupt members of our government will be able to do as they please, when they please, and as much as they please. If the secrecy bill is implemented, truth, justice and democracy loose. We, the public of South Africa, loose.

Its not just some silly bill, dealing with some silly political issue. It's our future. Yes, as dedicated journalist I, and many I know, will probably be in jail in five years time if the bill succeeds, but that's not the reason you should care.

The reason you should care is because too many people dedicated their lives to fight for the very cause that after today might be lost. You should care because this is OUR country. WE are the leaders of tomorrow and its up to us to ensure that history doesn't repeat itself and leave us helpless at the hands of the same disaster, only lead by a different government.

In the end, we are all affected.          

Tuesday, October 25, 2011

Uniegebou

 Daar bly darm net iets buitengewoons aan die Uniegebou kleef. 'n Stukkie geskiedenis, 'n stukkie Pretoria. 'n Simbool van mag, of dit nou Afrikaner, Afrikaanse of Suid-Afrikaanse mag is. Julle kan ons naambordjies verander, julle kan ons helde onttroon, maar julle kan nie ons trots in ons geskiedenis wegvat nie.
Rose in die tuine voor die Uniegebou

Die Uniegebou vanaf die brandtrappe van die Hotel 224 in Schoemanstraat

Monday, October 10, 2011

'n Stukkie wysheid

Ek het gister tot  die omtstellende besef gekom dat dit waaroor ek die afgelope drie jaar droom, wens en hoop dalk niks meer as 'n nostalgiese fantasie is wat dalk nooit bewaardheid sal word nie...

Want sien, baie keer leef 'n mens in die verlede, 'n tyd toe dinge ongekompliseerd en (of so dink jy) gelukkiger was. Jy smag daarna om weer terug te keer na daardie tyd (eerstejaar op universiteit, matriek, 'n blyplek of 'n vorige liefde) met die hoop dat jy weer daardie oomblik van euforie kan vasvang.

Maar wat 'n mens dikwels vergeet is die huidige "jy" nie dieselfde "jy" is wat in daardie tydstip geleef het nie. Die huidige "jy" is meer volwasse, ervare en, gewoonlik, minder onskuldig. Jy klou egter verbete was aan daardie droom en dink "Ek was so gelukkig op universiteit, dalk moet ek weer gaan swot, dit sal soveel lekkerder wees as om te moet werk!" of "Ek moes nooit met my eks uitgemaak het nie! Ons was dan so gelukkig, wat het my tog besiel!"

Die gevolg is 'n geweldige ontnugtering wanneer jy wel weer terugdwaal op jou ou spore en besef dat dinge nooit weer dieselfde kan wees nie, maak nie saak hoe graag jy dit so wil hê nie. Jy sal nooit weer die sorgelose, lawwe student van vroeër kan wees nie en jou skoolliefde het van die skool se hotste rugbyspeler in 'n verantwoordelike sakeman met 'n bles en 'n boep ontaard. Jou hele uitkyk op die lewe het boonop deur die jare verander!

Nog 'n rede hoekom ons so dikwels in die slaggat van nostalgie trap is omdat ons altyd die goeie tye onthou. Want wat ek geleer het is, tyd bring NIE altyd perspektief nie. Ons onthou die veilige, rustige buurt in 'n klein dorpie in die Vrystaat. 'n Oor en weer gekuiery met die bure (so anders as hier in die stad) en Saterdae op die partjie se swaai. Ons onthou nie die gebrek aan behoorlike geleenthede of mediese sorg op die platteland, of die genadelose hitte, stofstorms en besmette water nie.

Ons onthou skelm soentjies op kampus, 'n piekniek op valentynsdag en daardie soete onskuld van 'n eerste liefde.Wat ons vergeet is dat die eerstejaartjie met sterre in haar oë, blind vir al die sondes van die jeug, nou heelwat minder naiëf en goedgelowig is. Maar die belangrikste en seker die mees onderskatte detail; ons vergeet dat sekere dinge nou maar eenmaal nie verander nie. 

Dalk moet ons 'n bietjie ons oë oopmaak en besef wat ons nóu het, en ophou hunker na dit wat ons eers gehad het. Dalk moet ons besef dat dinge met 'n rede gebeur en dat die 'hier' en die 'nou' vir ons op die oomblik soveel meer plesier kan verskaf as die verlede. Dalk kyk ons oor 'n paar jaar terug met 'n diep hunkering en verlange na dit wat ons nóu het. Dalk is dit maar net die menslike natuur om altyd ontevrede te wees met wat hy het en na iets meer of beter te soek.   

Hoe dit ook al sy, 'n mens het 'n besluit gemaak vir 'n rede, aanbeweeg vir 'n rede, en in die proses onvermeidelik grootgeword.Die kennis en wysheid wat ons intussen opgedoen het kan nie weggevee word nie, 'n stukkie van die vroeë onskuld is verewig verlore.

Vrede

Tuesday, September 20, 2011

Am I famous yet?

I knew my last weekend in Cape Town had to be something special, but I didn't know what it was going to be, until a friend of mine asked me to do him a favour....

Johan Ackerman is studying film producing at AFDA, a South African film school based here in Cape Town, and is busy putting his post grad film together. It just so happens that the film crew needed lots and lots of extra's to create the vibe of an awesome party taking place, and so it came that I starred in my very firts movie, right here in Cape Town, on my last weekend in the Mother City.

So off I went, along with two friends, Brenda Masilela and Nicole McCain to what is surely one of the grandest flat blocks in Cape Town, right behind the CTICC.

Once there we were sweeped off to costumes and makeup and after a few minutes of pulling random pieces of cloth over my head and sticking a bunch of rainbow coloured feathers into my bra, this was the end product:  


Now it was time to shine and we were told to stand chatting in different groups around the living room while a free flow of punch assured that everyone was relaxed and making enough pointless conversation to fill up three entire roles of film.

But who would have thought acting could be so much hard work!! It took just about 3 hours to film three lines of dialogue between the three main characters! The endless river of punch was soon exhausted and half the extras had already past out and still the director was not yet satisfied. My feet were killing me and the makeup was dripping from my face in buckets due to the warm camera lights!

I was sure I would be kicked off the set after almost eliminating the lead actress with a particularly risky dance move, but alas...


When all the shots from every angle possible had finally been filmed we were let off the hook. But despite the pain in our feet, the smudged makeup and utter exhaustion we felt, we all agreed that it was the most fun we had had in a long time! And one thing was sure, we were all instantly cured of any desire to ever go into the business of acting!!!

Wednesday, September 7, 2011

SonSakSomerSon

Iewers in die pers-blou nag
toe tyd jou soos 'n geel-wit wolf ingesluk
en jou woorde soos onvolwasse kuikens
die donker ingedra het
het jy my verloor

Iewers in die lang gewag
dat jy soos 'n ruiter van ouds
oor die berg sou stap 
het jou gesig in die mis
van geykte liefdesfrases verdwyn
en het ek jou vergeet

Iewers langs die pad 
waar hoop en twyfel ontmoet
in die ferm omhelsing van ou geliefdes
het my skadu van die pad verdwaal 
en het ek saggies, stadig weggesink
Jou naam net 'n onvoltooide gedagte
  soos die fluistering van 'n gebreekte belofte
geskryf in die sand
Seepunt. Foto's en gedig: Elaine Swanepoel