Search This Blog

Wednesday, July 6, 2011

Die lang pad Kaap toe

Dis my eerste keer só lank, só ver van die huis af en so baie soos wat ek daarna uitsien is dit ook bietjie van 'n uitdaging. Geen tuisgemaakte kos of 'n mamma wat klere was en stryk vir 'n volle drie maande nie.

Maar die moederstad is die plek waar drome waar word - of so sê hulle - en dalk raak ek so betower deur tafelberg se liggies dat ek besluit om hierdie my permanente tuiste te maak......Nee wat, daarvoor gaan ek die pers Jacarandas te veel mis!!

Maar hierdie is 'n belewenis wat ek vir niks sal mis nie, en oppad Kaap toe het die Karoo alklaar my hart gesteel.....
 Wind en die skoon blou lug...
 Daar is vir my min dinge so mooi soos 'n eensame windpomp op 'n verlate Karoo-horison.
Sonsondergang in die Karoo

Beaufortwes        

                                                              'Bed and Breakfast'???  Bietjie uitgefreak!!!
Die Swartberge is, um, wel...wit!  
Foto's: Elaine Swanepoel

No comments:

Post a Comment