Search This Blog

Sunday, July 17, 2011

Op my Ace :-)

Skaars twee weke in die Kaap en my flat mate vertrek Italië toe vir 'n twee-week lange vakansie...dus is ek alleen in 'n vreemde flat in 'n vreemde stad met vreemde geluide wat elke oggend 7-uur vanuit die karate-studio onder die woonstel kom...

Die eerste paar dae verloop heel flot...ek oorkom vinnig die vrees van alleen bly en begin my nuutgefonde vryheid geniet. Toe tref die ongeluk my...

Dis 7-uur die aand en ek maak reg om uit te gaan saam met vriende. Ek het net klaar gebad en is besig om die badwater uit te tap toe ek die geluid van stromende water van onder af hoor. O jinne! Het ek dan die kraan oop gelos? Nee hierdie geluid is geen lekkende kraan nie...dis iets baie groter!

Ek verswik amper my enkel soos ek die styl trappe twee-twee af hartloop en land in 'n plas water aan die voet van die trappe. Die gaste toilet het oorspoel. Water (en stukkies toilet-papier) is nogsteeds besig om oor die toilet se rand se spoel.

Met groot oë draf ek weer die berg trappe op om die enigste vyf handoeke in die woonstel te gaan haal en van die ergste water ontslae te raak...Uitgesort

Uiteindelik gereed vir 'n lekker aand saam met goeie vriende klim ek in my kar, stel my GPS in en vat die pad. Ek is vir die soveelste keer dankbaar vir die GPS, waarsonder ek sowaar nooit in 'n vreemde plek sou kon klaarkom nie...gedwee volg ek die GPS na die high way en vat die afrit Pêrel toe, presies soos die stem sê ek moet. Maar na 'n ruk begin iets baie verkeerd voel. Ek bel my vriendin, en sowaar...my bestemming is veronderstel om net 10 minute van my woonstel af te wees...nie 40 minute soos wat die GPS sê nie!!!

Ek forseer myself om kalm te bly (en nie die blik stem by die venster uit te gooi nie), verander die roete en draai om. Twee sekondes later flits die battery-liggie rooi. Ek rek oor na my handsak en soek naarstigtelik na die charger, terwyl ek my bes probeer om nie 'n ongeluk te maak nie...Niks. My maag draai toe dit skielik tot my deurdring...die charger is in my ander handsak by die huis!!!!

Die GPS gaan af.   

Ek is halfpad tussen die Pêrel en Kaapstad in pik donkerte met 'n GPS wat nie werk nie. Ek bel my vriendin en sê hulle moet maar die aand sonder my geniet, ek is oor dit. Ek kom darem in een stuk terug by my woonstel aan.

Die volgende aand is ek besig om my hare droog te maak toe ek 'n harde slag hoor...
My eerste instink is om my deur te sluit en in my kas weg te kruip. Ek skraap uiteindelik die nodige moed bymekaar en sluip met kloppende hart (en haardroeër as wapen) by my kamer uit en af met die trappe. Stukkies pleister lê die hele wêreld vol gestrooi. Toe ek om die hoek sluip sien ek die twee skilderye op die vloer lê, mooitjies van die muur afgeval, skroefies en al.

Weird!!

Nadat al die stukkies pleister opgevee en die skilderye op 'n veilige plek gebêre is, en ek seker is dat al die ligte EN die stoof af is (ek sal nie weer daai fout maak nie!!) klim ek uitgeput in die bed.

Vanaand slaap ek darem lekker onder die wakende oog van ou Tafelberg en die reuk van die see wat by my kamervenster in waai.

1 comment:

  1. Ek is ongelooflik jaloers oor jy die see kan ruik en al sintuig van my wat gestimuleer word is my ore met die gedreun van Dropzone en sy gelowige gangers by my venster uit [Hartseer gesiggie]

    ReplyDelete