.... 'n Plek vol vreemde karakters. Terwyl ek deur die markplein stap, drafstap twee jong kleurling-mans by my verby, al draende aan potplante. Die een loop kliphard en sing die vreemdste deuntjie. Sy maat vra hom wat dan nou met hom aangaan en hy antwoord: "Nei, ek sing somme vi mysjelf"... Maar passop! As jy te laat in dié berugte straat verdwaal, vind jy jouself dalk net midde-in 'n skietgeveg!
Loop 'n mens op in Long Street voel dit asof jy 'n ander era betree. Hoë torings uit die Victoriaanse tydperk pryk op elke hoek (tesame met 'n dronk boemelaar wat smeek vir 'n sigaret) en 'n mens kan amper die eertydse perdehoewe hoor wat straat af geloop kom met die perdekar agterna...
No comments:
Post a Comment