Search This Blog

Monday, November 4, 2013

Vir Volk en Vaderland

Ek wonder of DIT is wat die 23 lede van die Boeremag in gedagte gehad het toe hulle meer as 11 jaar gelede hul aanslag op Mandela se lewe beplan het...
Het die Pretorius-broers dalk minute voor hulle die bom, wat bedoel was om die struggle-reus Mandela om die lewe te bring, geplant het, saam met die res iewers gebid, "Here, seen U uitverkore volk"? Want hoe kon 23 mans dink dat hulle 'n staatsgreep sou kon uitvoer sonder bonatuurlike hulp?
Het hulle in die vroee oggendure, wanneer hulle terugkom van 'n geheime vergadering op 'n ryk boer se plaas, langs warmgeslaapte vroue ingekruip. Het hulle dan in die donker le en luister vir die loei van polisie-sirenes; die Judas-kus...?

Het Pieter van Deventer sy seun en dogter elke oggend gegroet asof vir die laaste keer, en het die 21-jarige Jacques Jordaan ooit besef wat hy besig was om homself voor in te laat? Of was hy maar net ge-brain wash met praatjies van patriotisme, mag en haat? 'n Haat vir dit wat anders is as hy. 'n Haat wat dalk al van kleins af by hom ingedrill is, deur die skool, die regering en die kerk...

Het enigeen van hulle ooit kon dink daar sou 'n tyd kom, 11 jaar later, wat hulle deur 'n wit regter in 'n swart hof veroordeel sou word? 'n Regter met 'n van so Afrikaans soos hulle s'n, en dat hulle weggelei sou word deur swart polisiemanne om 'n leeftyd lank agter tralies oor hul sondes te dink...?
Het hulle gedink oor hoe hul vroue en kinders sou huil, hoe die geween teen die hof se mure sou uitklim? Hoe kinders, half-wees, hul ontstelde ma's sou troos en vroue met opgehewe rooi oe aan mekaar sou klou?      

Het hulle enigsins kon dink dat hulle plan sou faal? Of het hulle nie daaraan gedink nie? Dalk was daar belangriker dinge om hulle oor te kwel. Soos die oorlewing van die Afrikaner Volk. Hulle volk. ONS volk. Dalk was die voortbestaan van 'n klein volkie wat vir jare lank deur die Engelse verdruk is, in die oorlog uitgemoor is en hulself weer van voor af uit die stof moes opbou, belangriker as hul vryheid.

Dalk was dit vir Volk en Vaderland en BASTA met die res!

Tuesday, October 15, 2013

So I'm a bit of a scatter brain...DEAL wth it!

A "bit of a scatter brain" is probably the understatement of the century! Anyone who knows me can testify to that.

Let me give you a quick over view:
You know that one person who realises half way to Mozambique that she forgot her passport...?
Or that one friend who turns up at your birthday party without wishing you a happy Birthday, only realising weeks later that thats what the party was for in the first place!? 
Well...that's me. 
I stopped counting how many times I locked myself out of my room while I was staying in a hostel in Varsity. And where I'm staying now, I know my house mates have stopped counting the number of times I let the alarm go off because I forgot to check if it was on in the first place! (Our local security probably knows my number off by hart).

Being a scatter brain in my profession is also not ideal. I once drove all the way to Benoni for a speech the mayor of Tshwane was giving. It only dawned on me later that it was strange for the mayor of Pretoria to give a speech in Johannesburg...needless to say, I was an hour late.  

I know not everyone takes well to this kind of behavior. I'm told there are actually people on this planet who are in control of their lives, who plan ahead and never forget or lose ANYTHING!! Except maybe their temper.............with me. For not being as organised and focused as they are.  

But do you think I willingly CHOOSE to be like this?
That I don't get frustrated with myself?
You think I LIKE driving all the way back from work because I forgot my cell phone at home or because security phoned to tell me I left the gate to the street open?
Believe it or not, I don't do it for others' entertainment. And yes, it's easy to say, "Elaine, you need to start getting your shit together." 
Really, it would be my pleasure! But its just not that easy...
So if anyone knows of a cure, please, be kind enough to share your secret, because I would LOVE to be more focused, organized and in control of my life.
But in the meantime, Just. DEAL. With It!  

Tuesday, September 3, 2013

To War



Somewhere a rooster is crowing
as light creeps across a darkened sky  
and a farmer herds his cattle
patiently to where green pastures lie

Somewhere a mighty king
is ordering his five horses
to war, to war the brave soldiers shout
whether they will return, they dare not doubt

Somewhere a prayer is being said
for God’s mercy to bless every head
while somewhere in a crop field
someone’s beloved lies dead

Somewhere on a lonely hilltop
a cross is being erected
while somewhere in silence  
a broken heart is being mended

Somewhere a woman’s scream fills the night
As a swallow leaves the nest to take its first flight
Somewhere a bereaved mother is crying
While somewhere the last of day’s light
is slowly dying.

Tuesday, August 6, 2013

Do's and Don'ts when going through a Break-up

Going through a break-up is never easy.

Having recently been through the third "serious" break-up in my 24 years of existence, I now consider myself a pro in break-ups and have thought to share my knowledge and experience with the off chance that other tortured souls may benefit from it and my misery would not be completely meaningless.
I have there for decided to compile a list of do's and dont's when suffering from the aftermath of a break-up.

Avoid any sharp and dangerous objects. This includes bread knives, machine guns and Ratax (better make sure you lock the medicine cabinet altogether, just for in case.) Also preferably avoid driving or crossing the road, as the prospect of walking or driving into an oncoming car may actually seem quite inviting.

Don't listen to any CD's or Radio stations, except maybe talk Radio702, as every single song will remind you in some way of your ex and the lost relationship. There is also the possibility of you starting to cry while listening to music whilst driving, which will cause your vision to blur and lead to an accident (which once again, we would like to avoid).

Try Not to think, whether it's about the good times or the bad. Chances are it will only worsen things and you will become obsessed with trying to figure out what went wrong. Whatever happened, it's water under the bridge and worrying about it will only make you old. There's no use crying over spilled milk.

Getting intoxicated beyond the expansion of your brain is Not Necessarily the best idea. If you Do decide to take this route however, do it responsibly (a.k.a no drinking and driving). And whatever you do, do Not drunk dial your ex.

Do concentrate on the task at hand. You will find it quite uplifting after accomplishing simple tasks, like locating the damn brush playing hide and seek somewhere under the tons of crap on your dressing table, or making breakfast without burning the toast.
 
Do eat a lot of chocolate and ice cream without feeling guilty, you'd be surprised at how many calories you burn by crying.

Crying is another luxury you CAN afford yourself, as long as you don't start crying hysterically when setting up a new bank account and the clerk asks you if you are single.
 
Above all, remember that you are Not Alone. At this very moment thousands of souls are going through the same heartbreaking sadness as you are. And there is always some way in which it could have been worse (*touch wood)

List of movies to whach after a break-up:    

2. 300 (Lots of blood and gore is good in the first few days)
3. House of wax (Purely because Paris Hilton gets a spear through her head)
4. Jennifer's Body (Not a big fan of Megan Fox but the way in which she kills off all the guys is schweeeeet)
5.  Monster (Just to remind you that that's what you'll look like if you take the whole comfort-food-thing too far.)
 7. Dispicable Me (It has absolutely nothing to do with break-ups, but its awesome!!)
 
  
  

Saturday, August 3, 2013

Lot van 'n (on)kreatiewe siel

Ek sit en luister na my gunsteling Valient Swart CD. Die een met Sonvanger op (Maanhare. 2002), en verwens my eie wanvermoë om enigiets half-decent op papier vas te pen.
Idees is daar baie van. Halfwe gedagtes en woorde wat nog gevorm moet word, daaraan is daar geen gebrek nie. Maar die kuns om dit reg uit te druk ontgaan my. Asof daar iewers in my kop 'n kamer is met eindelose poëtiese skatte , maar iemand het die sleutel weggegooi en my pen bly droog.

Hoe graag sou ek ook gehore met my woorde, my diepste geheime en verlange na plekke en mense wat ek nie ken nie wou bekoor. Hoe verlang ek nie om met 'n paar verse 'n emosie so naak en rou vas te pen dat dit gehore uitasem sal laat en my, die skepper, magteloos oor die effek van my skepping.
Om iets van hul menswees aan te raak, iets waarvan hulle dalk self nie eens bewus was nie, en so ook 'n deel van myself bloot te lê.

Johannes Kerkorrel, nog 'n groot insperasie, se gesig staar vanuit die middelblad van een van Beeld se bylaes na my. Tien jaar na sy dood en sy bydraes tot Afrikaanse musiek word nogsteeds gevier. What a legend.
Maar waar laat dit my? Wat het ek om tot die mensdom by te dra? Ek, met my wegholgedagtes en flitse van iets wat dalk die moontlikheid het om potensiaal te toon (As dit enigsins sin maak?). Want dit is daar. Wat ook al DIT is.
Ek ervaar dit elke keer as ek in Pretoria se middestad ry, na die blokke verwaarloosde flats kyk en stories opmaak oor die mense wat daar bly. Ek ruik dit in 'n bosveldvuur of die vars oggendlug nà 'n aand op die plaas. Ek sien dit in die heerlkheid van die sonsopkoms en vind dit in ou vergeelde briewe tussen geliefdes. Ek voel dit in die geweide atmosfeer van 'n ou NG kerk met sy geruite vensters.

Die verlange is daar, die hartseer wat ek my verbeel groot geeste soos Kerkorrel en Koos Dup moes gevoel het. Die blote vermoë om te VOEL.
Maar hoe om dit oor te dra...DIT bly my ontwyk...

Saturday, July 20, 2013

Buddhist Temple

Driving Toward the N4 from Pretoria toward Bronkortspruit, you will notice a majestic red building to your far right.
It is here, at the Buddhist Temple, that people from all religions gather yearly for the Festival of Light, to pray that God's love and mercy may shine upon South Africa - who ever you perceive God to be...
People gather in front of the three statues of Buddha to meditate and pray and then light a candle as symbol of their being the light of a nation.

 A candle for every prayer of piece and prosperity in South Africa...
 ...and there were many.
Other statues adorn the temple and create an atmosphere of peace and tranquility.




Wednesday, June 5, 2013

Op 'n bakkie in Mosambiek

Oppad terug na die Mosambiekse grens ná ‘n idiliese vakansie in Ponta Malangane, kyk ek vir oulaas na die klein rietdak-huisies langs die pad, diep versteek tussen die ruie gras en bome van die Mosambiekse landskap.
Klein kindertjies wat langs die pad speel kyk ons verwonderd aan en ‘n swanger vrou, haar hand op haar lae rug, strompel uit een van die hutte om die kinders terug te roep. My lewe voel wêrelde verwyderd van hulle s’n. Vir hulle bestaan daar nie iets soos tyd nie. Jy staan op as die son opkom word en jy gaan slaap as dit donker is. Tussen-in probeer jou en jou familie aan die lewe hou.

Die Bakkie wat ons grens toe vat word bestuur deur ‘n vriendelike local. Hy vra uit oor ons vakansie en wanneer ons weer terugkom.
Nee, antwoord ons, seker eers weer volgende jaar wanneer dit tyd is vir die jaarlikse musiekfees.
Hy lyk afgehaal. Die mense hier kripeer. Toerisme is hulle enigste bron van inkomste. Met die verkoop van ‘n paar handgemaakte houtbakke, krale en uitgekerfde sluitelhouers kan hulle net-net die wolf by die agterdeur weghou. “We need the tourists, here is no money, no bread, no fokkol,” sê die drywer.


Stalletjies in Ponta Malongane
Ek kyk weer uit na die landskap wat verbyflits soos die bakkie vinnig oor die sand hop. Die paar huisies het verdwyn en al wat oorbly is die wit sandheuwels en yl plantegroei. Dis mooi, maar dit bly niks.
Die yl landskap oppad grens toe
 Die drywer bly sy lewe lank al hier. Dwarsdeur die oorlog wat Mosambiek amper ‘n dekade lank getyster het.
Ek en my vriendin praat in Afrikaans oor die lang uittog huistoe wat vir ons voorlê.
“You speak Afrikaans?” vra hy, met die klem op die eerste lettergreep.
“Ek ook ek kan kleeeeeeeeein bietjie prat,” sê hy en wys met sy duim en sy wysvinger, sy aksent swaar.
Hy vertel van die Afrikaans/Engelse woordeboek wat hy het en hoe hy brand om sy woordeskat uit te brei, maar dat hy iemand nodig het om die woorde vir hom te verduidelik.
“But I háve to learn Afrikaans, I will fight to learn the language so I can visit your beautiful country. South Africa is such a wonderful country.”

Die prentjie wat hy van ons land skep is een wat ek amper nie herken nie. Ek wil hom vertel van die keer toe ek by die robot met ‘n mes teen my keel beveel is om selfoon oor te handig, of dat twee van ons bure nou die aand wakker geword het met gewapende mans langs hul bed wat vra vir die kluis se sleutels. Ek wil hom vertel van die korrupsie wat stukkie vir stukkie besig is om ons pragtige land op sy knieë te dwing en die boere wat elke aand in vrees met ‘n geweer langs hul bed gaan slaap. Maar ek bly liewer stil. In hierdie oorloggeteisterde land waar die bar grond nie genoeg kos kan lewer om sy eie mense te voed nie, kan Suid-Afrika maar net soos ‘n paradys lyk.

By die grens gekom help hy ons om die bagasie van die bakkie af te laai en groet vriendelik. “See you again soon.” Hy lig sy hoed en ek kyk hoe sy bakkie tussen die stof verdwyn.
Terwyl ons wag om ons paspoorte te laat stempel gee ek my laaste pakkie beskuit vir ‘n swart seuntjie wat langs die pad staan en bedel.   

Wednesday, February 27, 2013

Everyone wants a piece of Oscar

During most of last week I had been yelled at, shoved around, scolded like a child or just plain ignored…and that’s only if I was lucky!
Ever since the news broke that Paralympic athlete and International icon Oscar Pistorius shot his girlfriend Reeva Steenkamp on 14 February at his home in Pretoria, everyone wanted a piece of him.
Local and international media flocked to the Pretoria Magistrates Court and Brooklyn police station were he was being detained and millions over the world have been following the story in newspapers, on TV and over the radio. The media had spoken, and the public made their verdict…

For four days I sat in a stuffy, overcrowded courtroom, on hard wooden benches or even on the floor, stretching to get a glimpse of the Golden Boy. For a whole week I had to fight my way past bulky camera men who didn’t care if I got hit in the face with a lens or stepped on by a giant boot. I had to defend myself against smooth talking international press, with funny accents and no clue about our legal system (sorry guys, but it’s true) and I had to wait in court for hours on end without being able to go to the bathroom, afraid of losing my hard earned seat!
But it was all worth it every time the magistrate said “All rise” and I saw Oscar walking through the door, neatly clad in a dark blue suite and light blue shirt, staring dully in to space, as if nothing mattered any more. Don’t get me wrong, I didn’t draw pleasure out of his suffering. I too shed a tear when he started crying miserably in court when a statement was read out about how much Reeva loved him. But it made the whole experience so real and I realised I was witnessing first hand history being made.

I saw his brother lightly placing his hand on Oscar’s shoulder every time the emotions got out of hand. I saw his father put on a brave face as he placed his straw hat on his head and prepared to face the media and I saw his sister giving cameramen the evil eye every time they snapped a shot of Oscar.  
The decision on whether Oscar Pistorius is guilty or not, is not ours to make. He is an international icon who, despite all odds against him, has proven himself worthy.
Let’s see if he can make the scale tip in his favour one last time…            

Tuesday, January 8, 2013

Die Kabouterman

Vir die agtergeblewenis in ons volk. Die waarvan ons vergeet het...


Ek sien eerste die vreemde pienk-pers blommetjies. Iets wat ek nooit vantevore gesien het nie. Dit vou soos twee helfdes van ‘n oester om ‘n wit, melkerige binnekant. Die blomme groei al op ‘n ry oor ‘n opening in ‘n reuse blaremuur.
Ek stap nuuskierig nader na iets wat lyk soos ‘n blarehuis. ‘n Reuse struktuur van rankplante, saamgevleg om ‘n struktuur soortgelyk aan ‘n igloo te vorm.
Dan eers sien ek hom, half verswelg deur die groenigheid, in ‘n ou vervlenterde leunstoel sit.

Sy lang wit baard en saamgekoekte hare wat by ‘n verbleikte blou pet uithang laat hom soos ‘n karakter uit ‘n Dalene Matthee boek lyk. ‘n Vervlenterde blou trui hang slap aan sy maer lyf en om sy nek hang ‘n silwer kruis. Sou hy dit in die aande tussen sy dun, knopperige vingers vasklem terwyl hy dink aan dié wat hom hier agtergelaat het?
Hy sit opgewonde regop toe hy my sien naderstaan.
“Mooi né?” se hy en wys na die blomme.  
“Kom, ek wys jou,” en hy wink my met ‘n seningrige vinger nader.

Ek bekyk die skewe draadheining wat sy woning van die ander sink –en houthuisies op die plaas Sonskynhoekie, oppad na Hammanskraal, skei. Die son skyn verblindend op die sinkdakke en hier en daar lê ‘n uitgeteerde brak in die skadu van ‘n boom na vlieë en hap.
Dit is hiér waar menigte siel hul karige besittings kom neerplak het om dít wat hulle nog van die lewe oorhet, te geniet. Hier op ‘n droë stukkie grond waar iemand hulle iewers langs die pad vergeet het.  
Hy maak die lendelam hekkie versigtig oop. Dit kraak soos dit ongemaklik oopswaai.
“Ek trust hierdie klomp niks,” sê hy en beduie met sy vinger na die huisies langs syne. “Dis dié dat ek ‘n heining om my property gebou het.”

Ek gee ‘n versigtige tree in die selfgemaakte tuinwoning in. ‘n Draad tuinstel, iets wat ek laas op my ouma se stoep gesien het, staan in die hoek van sy tuintjie. Die geel kussings verbleik deur jare se somers. ‘n Klein klipstandbeeldjie van ‘n kabouter staan net duskant die ingang in die blaremuur. Daar is nog een van ‘n feetjie wat met getuite lippe op ‘n klip sit.
Hy vat sag, amper liefdevol aan die blomme. Hy weet nie wat mens dié blomme noem nie.
Oor die beeldjies wei hy nie uit nie, oor waar hy vandaan kom nog minder…
Vuil wit gesigte loer vanuit houthuise en ‘n paar mense staan selfs nuuskierig nader.
“Kom, kyk my huis.”

Dis koel onder die blaredak en etlike ander beeldtjies van kabouters en padda’s op waterlelies dien as versiering. ‘n Lendelam katel met ‘n ou gestreepte matras, bruingevlek van al die jare se vuil wat nie meer wil uitwas nie, staan skeef op die ongelyke oppervlak van sy woning.
Oor ‘n outydse draadloos blêr Kurt Darren se bekende sokkie-treffer, Kaptein, span die seile.

Ek loop weer uit in die sonlig. Die stof en armoede buite die dun draadheining gryp my van vooraf aan. ‘n Entjie weg is ‘n vrou besig om ‘n paar stukkies klere oor ‘n skeefgespande draad te hang. 
“Ek bly al sewe jaar hier,” sê hy en trek sy skouers op. “Dis my huis. Dis die dinge en mense wat ek ken dié. Die ander het al lankal van my vergeet. Wat sal ek nou iewers anders gaan soek?”
Ek bedank hom vir sy gasvryheid en verkyk my vir oulaas aan die klein klip kabouter wat oor die ingang waak.
Ek draai net om toe hy my weer roep.
“O, en meisietjie,” sê hy en wys na my grys All Stars, “ek like jou skoene.”

Thursday, November 8, 2012

Homeless

I walk in to the small wooden shack where Ronel Fernadez (31) and her two daughters Melissa (12) and Jessica (9) live. It’s a tidy room, decorated with harts and wooden carvings, but the furniture is old and the bedroom, kitchen and living room is all cramped into one.
Ronel lives in her father’s backyard in Pretoria North, along with her sister and two brothers who each have their own Wendy houses on the property.
Now they have received an evacuation order from the city of Tshwane to brake down their houses or provide the city with legal building plans for the extra buildings on the property within three weeks.
“We are too poor to afford anything else, what are we to do? Put up camp in the felt?” Ronel asked.
Further along the road various squatter houses in back yards are visible. These people didn’t received notice to evacuate the premises.
“It isn’t fair. What is applicable to one should be applicable to the other,” Ronel said.
When I walk out of the dark, cramped wooden house Ronel looks at me pleadingly.
“My daughter will be celebrating her 13th birthday soon. Am I supposed to tell her that she won’t have somewhere to live on her birthday?”   

Homeless (Video)

Saturday, August 25, 2012

Tussen die Lakens

Jou arms vou verm om my in jou slaap
Ek kan die deining van jou bors
voel teen my rug
Ek draai om en soen jou op die wang
"Ek moet gaan," fluister ek
en gooi die duvet van my lyf af
Jou arm vou sterk om my middellyf,
trek my weer teen jou vas
"Bly nog 'n rukkie," fluister jy
en soen my in die nek
Jy trek die duvet oor ons koppe
en ons giggel soos kinders
in 'n selfgemaakte tent
Dan fluister die lakens,
ons passie verklap
"Ek moet gaan," fluister ek
"Nee...bly."

Sunday, August 19, 2012

Vrouwees sonder die onderlaag en lipstiffie


Om ‘n vrou te wees is nie maklik nie. Vat dit maar van my, en ek is nog nie eens ‘n kwart eeu lank ‘n vrou nie!
Behalwe vir die hormone wat ons gemoed heeltemal deurmekaar krap en maak dat ons soms onredelik en half seniel (ja ek erken dit nou maar) optree, voel ons dis ons plig om eers na almal anders om te sien, voor ons vir onsself sorg, wat dikwels beteken dat ons onsself afskeep.

Stress maak jou siek
Kenners is dit eens die enorme druk wat die samelewing op vandag se vroue plaas, maak hulle meer vatbaar vir geestelike en fisieke siektes.
Jorgan Harris, kliniese sielkundige, meen vroue is onder geweldige druk omdat hulle deesdae tot dieselfde mate as hul mans die broodwinner is en steeds die tradisionele huishoudelike en moederlike take moet verrig. Terwyl manlief van die werk af kan kom, sy skoene uitskop en voor die televisie ontspan, moet die vrou die kos kook, kinders help om hul huiswerk te doen, en al die troeteldiere versorg!

Skuld en depressie
“Ma’s voel boonop skuldig as hulle nie self na hul kinders omsien gedurende die dag nie. Wanneer kinders dan probleme ervaar, voel ma’s meer verantwoordelik en geïmpliseerd as pa’s,” meen Elize Morkel, kliniese sielkundige en berader.
Dié spanning lei gewoonlik tot depressie. Verskeie studie bewys meer vrouens word gedurende hul leeftyd met depressie gediagnoseer as mans. Dié depressie kan boonop die hele huishouding omverwerp.
“As ma heeltyd depressief is, het sy nie belangstelling in haar gesin en kinders se vordering nie,” het Harris gesê. “Sy is stadig en die heeltyd geïriteerd en verskree haar kinders, as sy nog enigsins lus is om hulle te hanteer.”
Daarby lei spanning en hoë stresvlakke ook tot fisieke siektes. Volgens Morkel is dit ‘n nagevorste feit dat die immuunstelsel met depressie en hoë spanning verswak.
“Volgens navorsing is vroue met ’n hoë stresvlak meer geneig tot hoë bloeddruk en diabetes. Daar is ook ’n groter verband tussen stres en kardiovaskulêre siektes by vroue as by mans,” het Harris gesê.
En dan moet ons ook nog spring as manlief net ‘n kuggie gee, want verkoue is mos doodsake! (Dalk sou ons nie 'n probleem met oorbevolking gehad het as mans moes kinders kry nie...)
Vroue moet tyd maak vir ontspanning en oefening, is Morkel se raad. “Gereelde hersiening van jou program kan help dat jy beter prioritiseer en jouself nie oorlaai nie.”
“Ma is en bly die spilpunt waarom die hele geisn draai, haar gesondheid van kardinale belang,” sê Harris.
“CJ Langenhoven het gesê, die beste ding wat ‘n pa vir sy kinders kan doen, is om hul ma lief te hê.”
Hoe waar is dit nie? Mans, kyk mooi na julle vroue. Hê haar lief en laat haar spesiaal voel, al verstaan julle nie altyd hoekom ons skielike, onverstaanbare uitbarstings het, of vir dae lank stilstuipe kry nie. Want wie anders gaan sorg dat die kosblikke gepak is, sus se visse nie vrek van die honger nie en seker maak boet onthou om sy wiskunde boek vir skool in te pak?
Ons ís immers die sement wat keer dat die huis se dak inmekaar val…

Plek van Veiligheid

Binne jou witgekalkte mure vind ek rus
By oker banke waar ek biddend kniel - vrede
Ek verwonder my aan jou geel geruite vensters
wat hul kleure so genadig
oor gebroke siele gooi
Die glans van goue orrelpype
met die stemme van 'n englekoor
Jou preekstoel
wakend
Soos 'n herder oor  sy kudde

En woorde van Vrede, Hoop en Liefde
vul die spasies
tussen die verlore, en die gered 

Sunday, July 22, 2012

Seven things I hate about Sundays

I'm sure you are all very much familiar with that depressing, melanchony feeling that sweeps into the house like a bad omen just about 16:00 on a Sunday afternoon. I myself have struggled and fought with this demon many times.
"Why do you torment me so?" I often ask him, "when I should be spending these precious hours laughing with my family or taking the dog for a relaxing, energising run (okey, to call it a run would be fooling you, and myself for that matter!)"
Isntead, I stare into the nothingness in front of me and wonder what the purpous of my life is, if anything at all! Or walk up and down the house in frustration, not wanting to do my reading in preperation for the week ahead, but also not relaxed enough to just sit and enjoy a glass of whine while staring at the colouring sky as the night sets in.
He never aswers met though, so I have decided tot make up my own list of reasons for hating Sundays.


1. The first thing that jumps into your head when you wake up on a Sunday morning (exept for the headache due to too much wine the night before), is the fact that the next day is Monday. And everyone knows why we hate Mondays!

2.  All the kids are usually under mom's roof on Sundays and I seem to have trouble recalling a Sunday without there being a querell between siblings, parents, siblings and parents and sometimes even siblings, parents AND pets!

3.  You always feel bloated and guilty after having a second helping of fried potatoes, or indulging in the home made malva pudding (convincing yourself at the time that you don't do this every day!)

4. In the afternoon, everyone tries to sleep off the heavy lunch and the house is dead quiet. You are not aloud to go out, because "Sundays are family days", but no one in the house wants anything to do with you either! So you spend the time aimlessly dwindling from one room to the next, trying to find something to do.


5. Then comes the dreaded hour. You seem to start feeling hopeless, helpless and meaningless, all at once. Another weekend gone, and another week aproaching at the speed of the Black Plaque! There was so much you still wanted to do, NEEDED to do, things you never seem to find the time for, and you start to wonder "What's the use?".

6. I wouldn't want to list going to church as one of the reasons for hating Sunday's. Going to church as such isn't all that bad (unless of course you have to attend the morning sermon with your parents). It just seems that sometimes, church has become one of those weekely activities you are forced to perform, as if you don't have a choice. The whole matter of  choice complicates things further, because should you choose not to go, you end up feeling guilty, and so you end up spending the last precious hours of your weekend doing something because you feel it's expected of you, and not because you want to


7.   Carte Blanch. The opening tune of this famous TV program is the signal that the weekend has officially ended and that it's time to start getting your ducks in a row for tomorrow before the 8 'o clock movie. Instead of relaxing in front of the TV, or doing something else more usefull, you have to pack your school or university bag, or in my case, pack your suite case if you are not living at hom anymore (which, for some, isn't all that bad). Everyone runs around the house trying to get their clothes out of the tumble dryer, searching for pens and trying to remember where you put your make up bag.


Maybe Sundays aren't all that bad. But for me it's a useless day, filled with guilt for not doing more with my life than I should. A day not really weekend anymore and not yet week either. Maybe we should just all appreciate it for what it is and fill this usefull day with usefull things (like making lists of things you hate :-) ) When 16:00 strikes, grab a glass of whine ( or whiskey if you prefer,) and use the time to get your head ready for the week ahead. Or don't. Organise a coffee date with that cute guy down the street. Something you've always wanted to do but never seem to get the time for. And soon that old melancholy feeling won't have time to put its claws into you.

Monday, July 16, 2012

STRAB ! ! ! !

Ons is vier baie opgewonde mense in ‘n oorvol gelaaide Volkswagen Polo oppad na wat ons verwag die beste vier dae van ons lewe gaan wees. Vier dae van see, son, sand en STRAB, ‘n musiekfees wat jaarliks in die kusdorpie Malongane in Mosambiek plaasvind.
Nie een van ons (insluitend die drywer) het veel geslaap die vorige aand nie en die lae komberse en kussings wat tussen twee van ons in die agterste sitplek ingedruk moes word kom aanvanklik handig te pas in Ermelo se knersende koue, maar soos ons Pongola nader, begin ek wonder of dit werklik nodig was om ‘n slaapsak, dik kombers en twee kussing saam te bring. Die padwerke vanaf Pietersburg noodsaak ons om elke vyf minute te stop. Om van die rondloper beeste en bokke nie eens te praat nie!
Ek was nog nooit in Pongola nie. Ek het net gehoor dit was eens ‘n florerende deel van die land, met baie ryk boere hulself daar bevind het. Maar wat ek sien is ‘n arm, droë, primitiewe deel van Suid-Afrika, waar klein sink -of kleihuisies, omhein deur stukkies draad, wyd verspreid in die warm son staan en bak. Vrouens en kinders staan met pangas in die veld en bome afkap.
Net toe die hitte, beeste en slaggate te veel raak is ons in Kosiebaai, een van die vele grense tussen Suid-Afrika en Mosambiek. Ons ry sonder moeite die grenspos in en ek spring opgewonde uit die motor om die derde Mosambiekse stempel in my paspoort te kry. Die man agter die toonbank aan die Mosambiekse kant van die grens is nie baie vriendelik nie en gluur my met afguns aan toe ek my paspoort met ‘n glinlag oor die toonbank skuif. Duidelik is uitlanders nie baie welkom in dié land wat so lank moes sukkel om onafhanklikheid te kry nie.
Terwyl ons wag vir die Landrover wat ons van die grenspos tot in Malangane moet vat (want die klein wit Volkswagen Polo sal dit nooit oor die rowwe sandpaaie maak nie) kyk en na die Mosambiekse vlag wat trots in die ligte bries wapper. ‘n Hammer en ‘n sekel. Bewys van die geweld waarmee die land deur die huidige regering in besit geneem is. Ek ril effens.
Die veelbesproke vlag. Foto: Annika Theron

Met ons bagasie (beddegoed en al) op die Landrover se waentjie gepak, val ons al wippend in die pad. Al vier van ons op ‘n dun hout bankie op die agterste sitplek ingedruk. Die drywer laat hom nie afskrik deur die reuse hoppels in die pad nie en ons loer elke nou en dan beangs na die pakkies op die waentjie. Solank die drank net nie afval nie! Ons raak ook sommer gou bevriend met die mense saam met ons op die bakkie, wat nie tyd gemors het nie en reeds elkeen met ‘n bottel bier in die hand sit.
 Die lansdkap is dor, maar vreemd mooi. Soos ons Malangane nader sien ons groepe skoolkinders opgewonde langs die pad staan en waai. Sommige van hulle gooi duim, ander probeer ‘n houvas op die bakkie kry om ‘n paar meter saam te ry. 
Nader aan die kampterrein lyk dit asof ons deur ‘n vlooimark ry soos selfgemaakte houtstalletjies op ‘n ry langs die pad staan. Hier kan jy enigiets van ‘n lap-broek tot ‘n hout slaaibak koop. Verskeie kralewerk word sommer op komberse uitgestal. Ons ry verby verskeie kroeë langs die pad waar ‘n paar feesgangers reeds uitgespan het en ‘n bottel Mosambiekse rum geniet. (Later word ons ook deel van dié luidrigtige groepie toeriste, alhoewel ons nooit verder as die eerste kroeg kom nie!)   
By die kampterein aangekom help ons eers ons nuwe vriende afpak voor ons ons eie goed uit die bakkie laai. Gelukkig het die res van ons geselskap reeds vroeër kom tent opslaan en kan ons net als neerplak, haastig ons swemklere aanpluk en laat waai strand toe.
Die spierwit sand strek verlate voor ons uit. Dit maak klein suisgeluide wanneer ons ons voete daaroor sleep. Die water is, ten spyte van die hitte en die warm Mosambiekse seestroom, baie kouer as wat ek gedink het. Ek sprei my arms uit en voel die son op my gesig en die wind deur my hare. Ek voel soos ‘n vlieër wat enige oomblik deur die wind opgetel kan word en hoog bo die blougroen water sweef. Vir die eerste keer in maande voel ek vry.

Oppie strand Foto: Annika Theron

Tidlewaves is die aand eerste aan die beurt en ons sit op die strand, elkeen ‘n drankie in die hand, en wieg salig met die soel klanke van dié rusta-band, terwyl die see agter ons druis en duisende sterre helder oor ons koppe vergader. Ek kyk op na die sterrehemel bo ons en kan amper nie gló ek’s op die strand saam met van my beste vriende terwyl ek op die maat van ‘n paar Bob-Marley-treffers wieg. Ek maak my oë toe en dink, die lewe kan net nie beter as dít word nie, want soos ou Bob Marley self gesê het: “don’t wory / about a thing / ‘couse every little thing /  is gonna be all right,”

Monday, December 5, 2011

'n Gedig


Waar is jy?
Ek soek jou in elke hoek en uitgetrapte paadjie
waar ons eens ontmoet, bevriend en vertroud geraak het

Jou reuk bly talm en elke skadu dra jou vorm
soos dit dans op die maat
van ‘n vlikkerende vlam
oorbekend en dringend roep dit na my vanuit
wit gepleisterde mure
genadeloos in hul verwyt.

Stadig drup die gedagte aan jou
uit moeg-vergete lende.

Smagtend...

terwyl elke greintjie van my wese jou
naam uitskree
soos die klank van duisend kwetterende swaeltjies
Shhh... fluister ek. Die bure sal kla.

Ek is bang
Bang vir die genadelose stilte
soos wanneer dit ophou reën.
Bang vir dit wat lankal vergeet is
soos die nadraai van ‘n onbedekte seën.